Molly & Wors

Die verhoogstuk

Heart

Heart

Heart

Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug! Diè keer op die verhoog! 

Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema: Die Geheim van ‘n gelukkige huwelik - is ‘n geheim. Kom knik kop met herkenning van hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart. Heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly, vorm hulle ‘n gedugte span en die vonke spat.

Afrikaans

60 minute

Geen pouse

Ouerbegeleiding vir onder 14

(vier algemeen gebruikte kragwoorde in die produksie)